đ Click
Noodhulp vir troeteldiere (Afrikaans)
- ABORSIE â Die inspuiting wat ân gedekte teef kan kry om ân ongewenste swangerskap te beeĂŻndig is net verkrygbaar deur ân veearts.
- ABSESSE â Groot spuit met ân dik steriele âWitnaaldâ (beskikbaar by âmensâ apteek soos Dischem, wat in gevalle van nood (en te ver weg van jou veearts) in die abses ingedruk kan word. Trek terug, dreineer die abses daarmee en los ân gat in die abses om verder te kan dreineer. Behandel met soutwater (9g/2 gelykvol teelepels tafelsout gemeng met 1 liter lou gekookte water) en smeer die aqueous room mengsel op.
- ANGS â kyk onder Skok.
- ALLERGIEĂ« â kyk onder Kalmeermiddels.
- BLAASINFEKSIE â kan opgeklaar word deur Sitrussoda (mespunt op eetlepel lou gekookte water 2 keer/dag vir 3 dae) of Norotrim tablette te gee. Laai asseblief die skrywe af oor âBlaas wat lekâ en blaasinfeksies en stoor in jou DieregesondheidsleĂȘr.
- BLOED in UITSKEIDING â Dien Du Toitâs se staaldruppels (of Turlington) 5 druppels 2 keer/dag (groot honde 10 druppels) deur ân spuit met Marmite water in tot enige âinwendigeâ bloeding gestop is.
- BRAKING â Valoid pediatriese setpille. Dien toe afhangende van die hond se grootte / gewig. Klein hondjies sowat 1/5de van ân setpil, middelslag honde sowat 1/3de van ân setpil en groter honde sowat 2/3de van ân setpil. By alle âmensâ apteke te koop. Smeer Vaseline of KY jellie aan en sit in tot jy die sluitspiere voel saamtrek. BRAKING by Yorkies â Clopamonstroop. Vra jou apteker om jou in die verband advies te gee.
- DIAREE â kan baie suksesvol behandel word met Norotrim tablette, so nie Kem-O-Dene â 3 druppels op mespunt suiker en eetlepel lou (vooraf gekookte) water.
- By braking en diaree vind ontwatering en elektrolietwanbalanse altyd plaas.
- Ondersteunend kan Pectrolyte by apteke verkry word om dehidrasie te voorkom.
- Gee ook Naartjie Energade (5-10ml, afhangende van die hond se grootte / gewig).
- Kan afwisselend ook elke 15-20 minute Marmite/Oxo/Bovril water ingee (1 teelepel Marmite/Bovril/Oxo gemeng met 1 koppie lou gekookte water).
- In nood kan bees of hoender geurblokkies of ekstrak ook opgelos word (1 blokkie opgelos in 2 koppies lou gekookte water).
- Darrows Solution of Rehydrate
- Rooibostee swart / sonder suiker met bietjie Protexin in.
- Plein wit Griekse of Bulgaarse âfull/double creamâ jogurt kan ook vrylik gegee word.
- ân Eie elektrolietmengsel is 9 gram (2 gelykvol teelepels) tafelsout en 4 teelepels suiker gemeng met ân liter afgekoelde gekookte water. Gee elke 15 tot 20 minute een van die âmengselsâ in.
- Kan ook elke 20m ân vingerlek ârouâ heuning in die mond smeer â suiker is giftig vir honde maar in so ân geval benodig die maag se mikrobes energie en jy moet verhoed dat die afvalstowwe in die niere/lewer/maag konsentreer en so gou as moontlik uitgeskei word.
- OM MAAG TE BIND â Vlapoeier of meelblom/Maizena â kwart teelepel op mespunt suiker wat met bietjie lou gekookte water in slap/stywe mengsel aangemaak is (net 10% van dier se massa oor 24 uur). Kook bietjie pampoen in water (sonder sout), maak fyn, roer teelepel Maizena in en voer. Kan ook fyn gekookte hoender en rys bymeng.
- Sorg altyd dat vars water vir drink beskikbaar is. Voorsien halfgaar hoenderlewer in sagte formaat, klein hoeveelhede en kort-kort.
- EETLUS te stimuleer â Plein wit Griekse of Bulgaarse âfull/double creamâ jogurt en Protexin om die mikrobes in die maag te stimuleer sodat die dier honger word. Daar is ook Pro-Kolin en wonderlike navorsing begin te voorskyn kom oor Kolostrum. Nutrostim is ân hoĂ« kalorie gel wat uitstekende resultate lewer. Gee ook Blue Liquid.
- GLASSTUKKE INGESLUK? Neem ân sny brood, smeer goed met mayonnaise, neem 4-5 watteballetjies en âverspreiâ eweredig oor die sny brood â neem ân skĂȘr en knip die sny brood/mayo/watte in 1â vierkantjies en voer vir hond â die watte sal haak om enige skerp glasstukkies, die mayonnaise sal dit âsmeerâ soos dit afgaan en ontlasting aanhelp.
- GIF NOODBEHANDELING â SPOED KAN JOU DIER SE LEWE RED!
- Belangrikste is om die hond heel eerste te laat braak: 1 teelepel waspoeier opgelos in koppie lou gekookte water en gee met n spuit in. Verhoed dat dit in die longe kom. SORG DAT JY ALTYD ân TEELEPEL WASPOEIER REG HET VIR ân NOODGEVAL!
- Na braking gee 5-6 geaktiveerde houtskool tablette in (houtskoolpille) wat te koop is by enige âmensâ apteek (âactivated charcoalâ) om die oorblywende gif te absorbeer. As jy nie het nie, 4 snye witbrood swart verbrand, rol in ân âpelletâ met lou gekookte water en gee so gou moontlik in!
- Met 2-Step of ALDICARB vergiftiging: Bogenoemde twee stappe heel eerste â die teenmiddel hiervoor is Atropien en kan slegs deur n veearts toegedien word.
- Met ROTTEGIF: Bogenoemde twee stappe en daarna Kyrovite â ook bekend as Vitamien K â inspuiting en/of Vitamien K tablette volgens voorskrif â by veearts.
- Met PADDAS: Volg eerste 2 stappe hierbo â kan dan klein bietjie âmeat tenderiserâ op tong smeer of pynappelsap gee daarna plein wit Griekse âfull/double creamâ jogurt en rooibostee swart / sonder suiker.
- HARDLYWIGHEID â Laxapet / Animalax of APTEKERS parafien (1 teelepel onder 5kg of 1 eetlepel bo 5kg) of gliserien setpil. Kan ook groen koekie Sunlight seep rasper en rol so kwart teelepel op in ân âpelletâ vir setpil â smeer met Vaseline / KY jellie en sit in anus tot jy die sluitspiere voel saamtrek. Plein wit Griekse / Bulgaarse âfull/double creamâ jogurt met leksel ârouâ heuning help ook.
- HOES -Leksel Heuning met Knippie Kaneel of 1ml Bisolvin Linctus per 10kg hond. Kennelcough word baie suksesvol behandel met Doxydog tablette. Laai asb die skrywe af oor Kennel Cough en bĂȘre in jou DieregesondheidsleĂȘr.
- KALMEERMIDDELS en ALLERGIEĂ« â Allergex stroop of pille â 1ml/1pil per 10kg, max 4 pille op a slag vir groot honed bo 40kg. Indien die dier ân allergiese uitslag het kan Allergex en/of 10mg Phenergan mondelings toegedien word (dosis volgens gewig) en Caladryl Lotion topikaal aangewend word (beide verkrygbaar van die gewone âmensâ apteek). Maak pil fyn en smeer aan tandvleise; moenie probeer kamoefleer of âverdoeselâ binne-in ân stuk vleis nie, dit affekteer die doeltreffendheid daarvan.
- KATGRIEP of PARVO â Die belangrikste is dat dit ân virus is en dat niks ân virus doodmaak/vernietig nie. Jou beste bydrae is om te sorg dat die dier nie ontwater nie. Laai die skrywe oor Parvo af en bĂȘre dit in jou DieregesondheidsleĂȘr. Mondelingse toediening van elektroliete (soos Darrows Solution) en spesifiek naartjie Energade / Powerade asook Marmite water en Norotrim tablette of Cosumix Plus sal baie help om sekondĂȘre infeksies te keer wat die dier weens die lae immuniteit beleef. Versterk dus ook sy immuunstelsel.